Jesus en die Vaderhart van God.
Van die 989 318 babas wat in 2018 in SA gebore is, het 61,7% geen inligting van die vader op hulle geboortesertifikaat nie. Volgens die Geesteswetenskaplike Navorsingsraad word 64% van die kinders nie by hulle biologiese ouers groot nie. Statistiek SA verklaar dat daar volgens die 2016-sensus 21 890 600 kinders onder 19 jaar in Suid Afrika is. Dis 39% van ons bevolking van 55 653 654 mense. Daar bestaan oorweldigende studies dat vaderloosheid die belangrikste bydraende faktor is by selfmoord, verkragting, gedragsprobleme, afwesigheid, geweldsmisdaad en algemene misdaad.
Vrouens word swanger gemaak deur mans, in plaas van vaders.
Die Goeie Nuus-evangelie spreek hierdie probleem direk aan in woord, voorbeeld en daad.
Die openbaarmaking van Jesus is die openbaring van die hart van die Vader. Jesus se hele bediening was daarop gerig om die Vader te verheerlik (Joh 4:34; 5:30; 14:13).
En deur die eeue roep Hy ons as Sy kinders om die Vader te verheerlik:
Laat julle lig só skyn voor die mense, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemele is, verheerlik(Matt 5:16).
Hierin is my Vader verheerlik, dat julle veel vrug dra; en julle sal my dissipels wees(Joh 15:8).
Dit is duidelik dat ons die Vader die meeste verheerlik wanneer ons Sy wil doen, Sy vrug dra en doen wat reg is!
Hierdie regdoen en regleef is egter gegrondves in ons fokus op Christus, en Hy openbaar die hart en wil van die Vader. Jesus is die perfekte wil van die Vader. Hoe meer ons soos Jesus klink, doen en leef, hoe meer word die Vader deur ons verheerlik. Dit is die vrug van ʼnJesus-gesentreerde lewe – ons openbaar Sy hart en wil – Jesus!
Een van die eerste openbarings van Jesus is dat Hy God “Vader” noem. Hierdie aanspreekvorm moes aardbewings in die geesteswêreld veroorsaak het, want die Jode het ʼngroot saak gemaak van hoe jy God aanspreek. God se primêre naam is nooit uitgespreek nie: Jhwh – Jahweh. Die vrees was om nooit God se naam ydellik te gebruik nie. Die idee dat God die Vader is, was nie die probleem nie maar die feit dat iemand God direk as Vader kan aanspreek, was ongehoord.
Deur die Bybel is die begrip van “God as Vader” redelik algemeen, maar tog is daar net 15 direkte verwysings na die benaming “Vader”. Die begrip en verstaan van die vaderskapsrol van God neem ʼndramatiese wending met Jesus, want “Vader” was Sy gunsteling term vir die aanspreek van God. In die Sinoptiese Evangelies sêHy dit 65 keer en in Johannes meer as 100 keer. Die intieme Aramese woord vir vader of pappa, kom drie keer in die NT voor (Mark 14:36; Rom 8:15-16; Gal 4:6).
God se interaksie met die mens en die grondlegging van die geloof begin met Abraham en die belofte van vaderskap. Dan die God van Abraham, Isak en Jakob. Die rol van die vader staan dus sentraal tot ons geloof. Die vader bepaal as te ware die pad en rigting waarin die familie loop. Die chaos in ons wêreld van vandag kan in ʼngroot mate toegeskryf word aan die afwesigheid van vaders.
Ons moet nie ons heil soek in aardse vaders nie.
Daar is ʼnrede hoekom aardse vaders ons faal: God wil ons eerstens herenig met ons hemelse Vader. Gevolglik word ons gedrag en optrede natuurlik bepaal deur ons hemelse Vader. Ons kry ons DNS van die Vader (1 Joh 3:9). Ons is uit Hom gebore (Joh 3:4-5) deur onverganklike saad (1 Pet 1:23). Ons ken die Vader en Sy weë(1 Joh 2:13). Aardse vaders is beperk in hulle voorsiening van die volheid van ʼnVader. Daarom moet ons nie ons vertroue op mense stel nie (Ps 118:8-9). Goeie aardse vaders rig ons om God die Vader raak te sien en van Hom afhanklik te wees.
Let op die vermaning in Matteus 23:9: Moet niemand hier op aarde as “vader” aanspreek nie, want Een is julle Vader: die Vader in die hemel!Sekerlik bepaal ons siening en ervaring van ons aardse vaders hoe ons God sien en beleef. Maar ons moenie dat dit ons langer gevange hou nie. Geen aardse vader, biologies of geestelik, kan God vervang of aan Hom gelyk gestel word nie. Hulle swakheid en onvolkomenheid moet ons juis oortuig om na God te kyk as ons Vader.
Dis primêr waarom Christus gekom het –om deur Sy geregtigheid aan ons die geskenk van kindskap en toegang tot God te gee sodat ons Hom kan ken as Vader. Hoe meer God as Vader vir jou ʼnwerklikheid word, hoe meer sal Hy jou laat opgroei in volwassenheid en die vervulling van Sy wil. Jesus, die Seun van die mens, het vir ons gewys hoe om dit te doen. Hy was geheel en al aangewese op die Vader.
Die Seun kan niks uit Homself doen tensy Hy die Vader dit sien doen nie. Want alles wat Hý doen, dit doen die Seun ook net so. Ek kan uit Myself niks doen nie. Soos Ek hoor, oordeel Ek; en my oordeel is regverdig, omdat Ek nie my wil soek nie, maar die wil van die Vader wat My gestuur het(Joh 5:19-20, 30).
Ek het uit die hemel neergedaal, nie om my wil te doen nie, maar die wil van Hom wat My gestuur het(Joh 6:38).
Uit Myself doen Ek niks nie; maar net wat my Vader My geleer het, dit spreek Ek. En Hy wat My gestuur het, is met My; die Vader het My nie alleen gelaat nie, omdat Ek altyd doen wat Hom welgevallig is(Joh 8:28).
Die Vader wat My gestuur het, Hy het My ’n gebod gegee wat Ek moet sê en wat Ek moet spreek(Joh 12:49).
Die woorde wat Ek tot julle spreek, spreek Ek nie uit Myself nie; maar die Vader wat in My bly, Hy doen die werke. Die woord wat julle hoor, is nie myne nie, maar is van die Vader wat My gestuur het. Maar dat die wêreld kan weet dat Ek die Vader liefhet en doen net soos die Vader My beveel het(Joh 14:10, 24, 31).
Die Gees van die waarheid, sal Hy julle in die hele waarheid lei; want Hy sal nie uit Homself spreek nie, maar alles wat Hy hoor, sal Hy spreek en die toekomstige dinge aan julle verkondig(Joh 16:13).
Nogtans nie soos Ek wil nie, maar soos U wil(Matt 26:39).
Al die NT-teksverse waar God as Vader voorkom, verwys na ons verhouding en verbondenheid met Hom. God se koninkryk is ʼnfamilie. Daar is ʼnonbybelse fokus op God as ons “lover”, maar ken jy Hom as Vader? Vader impliseer dissipline en grootword na volwassenheid. Die Vader bepaal die eindbestemming se pad waarop kinders loop. Soveel mense het nie rigting nie, want hulle ken nie die Vader nie. Kan ons die Vader vertrou? Want Sy weëis nie ons weënie. Jesaja 55:8 sêHy is nie ons gelyke nie, tog is Hy naby ons. Die feit dat ons God Almagtig soos ʼnkind mag Pappa noem, spreek van die kinderlike vertroue en band wat ons met die Vader het.
Die Vader bepaal ook die protokol en wyse waarop gesinslede teenoor mekaar optree. Die Vader se hart word uiteindelik die hart van die familie. Skeiding en verdeeldheid kom in die kerk as ons ons vasmaak aan aardse vaders se harte. Veral as die vaders hulle eie koninkryk bou (1 Kor 15:24). God is die opperste regering. Selfs aardse vaders is ondergeskik aan Sy regering. Ware volwasse vaders wat hulleself verloën, leef onder God se gesag en heerskappy. Hulle openbaar dan ook dieselfde hart as die Vader (1 Kor 4:15).
Daarom die waarskuwing aan aardse vaders om nie oor hulle kinders te heers om hulle te breek nie (Ef 6:4 en Kol 3:21). God die Vader se hart vir ons is wasdom en volwassenheid in Christus (Gal 4:19). Aardse vaders wil hulle kinders klein en afhanklik hou om hulle te kan gebruik tot die vader se voordeel.
IN Jesus skenk Hy ware kindskap direk met die Vader.
Ons is uit Hom gebore:
Ons ontvang ʼnnuwe DNS: Ons is uit God gebore, gewederbaar as nuwe skepsel vanuit Sy saad (1 Pet 1:23; 1 Joh 3:9; Joh 3:1-10; 2 Kor 5:17). Ons kan dus nie probeer of daarna strewe om meer soos Sy kinders te probeer wees nie. Ons is Sy kinders of nie. Ons het Sy kinders geword, nie deur werke nie, maar deur ons geloof (Rom 4:5) en Sy groot genade (Ef 2:8). Sien Joh 1:12.
Hy antwoord ons gebede:
En wat julle ook al in my Naam mag vra, dit sal Ek doen, sodat die Vader in die Seun verheerlik kan word. As julle iets in my Naam vra, sal Ek dit doen(Joh 14:13-14).
Julle het My nie uitverkies nie, maar Ek het julle uitverkies en julle aangestel om vrug te gaan dra en dat julle vrug kan bly, sodat wat julle die Vader ook al in my Naam vra, Hy julle dit kan gee(Joh 15:16).
En in daardie dag sal julle My niks vra nie. Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, alles wat julle die Vader sal vra in my Naam, sal Hy julle gee. Tot nou toe het julle niks in my Naam gevra nie. Bid en julle sal ontvang, sodat julle blydskap volkome kan wees(Joh 16:23-24).
Ons het vrymoedigheid en toegang tot die Vader:
Broers, ons het dus nou deur die bloed van Jesus vrye toegang tot die heiligdom, en dit op ‘n weg wat nuut is en na die lewe lei. Hierdie weg het Hy vir ons gebaan deur die voorhangsel heen, dit is deur sy liggaam. En terwyl ons Hom ook as groot priester oor die huis van God het, laat ons tot God nader met ‘n opregte hart en met volle geloofsekerheid. Ons harte is immers gereinig van ‘n skuldige gewete, en ons liggame is gewas met skoon water. Laat ons styf vashou aan die hoop wat ons bely, want God is getrou: Hy doen wat Hy beloof het(Heb 10:19-23).
Almal wat hulle deur die Gees van God laat lei, is kinders van God. Die Gees wat aan julle gegee is, maak julle nie tot slawe nie en laat julle nie weer in vrees lewe nie; nee, julle het die Gees ontvang wat julle tot kinders van God maak en wat ons tot God laat roep: “Abba!” Dit beteken Vader. Hierdie Gees getuig saam met ons gees dat ons kinders van God is (Rom 8:14-16).
Erfgename:
Ons is saam met Christus mede-erfgename van die heerlikheid en genade van God (Gal 4:1-7 en Rom 9:15-17). Mens kan net jou erfporsie toe-eien wanneer die testateur dood is. Jesus het gesterwe, en weer opgestaan! Ons het dus deel aan die erfporsie en deel aan die persoon! Hierdie erfporsie se kern lê in die werk van die Heilige Gees in ons, wat ons die vrymoedigheid gee om die God en Skepper van die heelal “Pappa” te noem.
En omdat ons kinders is, is ons ook erfgename. Ons is erfgename van God, erfgename saam met Christus. Aangesien ons deel het aan sy lyding, sal ons ook deel hê aan sy heerlikheid(Rom 8:17). Mag die Here ons geestelike oë oopmaak om hierdie ryk erfenis te kan toe-eien (Ef 1:17-23).
Nuwe bedryfstelsel:
Ware kinders van God leef volgens ʼngoddelike koninkryksbedryfstelsel. Omdat ons uit God gebore is, doen ons dinge anders as die kinders van die wêreld. Ons doen dinge in die teenoorgestelde gees, want ons het en is besig om aan self te sterf. Ons het ons vyande lief, ons seën die wat ons vloek, en ons bid vir die wat ons misbruik (Luk 6:35 en Matt 5:43-48).
Die leiding van die Heilige Gees:
Ware kinders van God laat hulle lei deur die Heilige Gees, hulle hoor self God se stem en leef daarvolgens. Want almal wat hulle laat lei deur die Gees van God – hulle is God se kinders (Rom 8:14). Jesus sê Sy voedsel is om die wil van die Vader te doen(Joh 4:34). Vir ons is daar geen ander lewe as om Hom te gehoorsaam in alles wat ons doen nie. Ek leef nie meer vir myself nie, daar is niks wat ek meer begeer of wil hê as om net Sy wil te doen nie.
Kindskap impliseer korreksie en tugtiging:
Ware kinders van God verwelkom korreksie. En julle het die vermaning heeltemal vergeet wat tot julle as seuns spreek: My seun, ag die tugtiging van die Here nie gering nie en beswyk nie as jy deur Hom bestraf word nie; want die Here tugtig hom wat Hy liefhet, en Hy kasty elke seun wat Hy aanneem. As julle die tugtiging verdra, behandel God julle as seuns; want watter seun is daar wat die vader nie tugtig nie? Maar as julle sonder tugtiging is, wat almal deelagtig geword het, dan is julle onegte kinders en nie seuns nie(Heb 12:5-11).
As Sy kinders kan ons getuig dat ons satan oorwin.
Ware kinders van God kan getuig dat daar areas in hulle lewe is waar hulle satan se houvas oorwin het. Omdat julle sondes vergewe is, omdat julle Jesus ken wat van die begin af daar was, omdat julle die Bose oorwin het, omdat julle sterk is en die woord van God in julle bly.(1 Joh 2:12-14). Ons strewe is om uiteindelik soos Jesus te kan verklaar: Die owerste van hierdie wêreld kom en het aan My niks nie(Joh 14:30).
Verbondenheid met die liggaam:
. . . totdat ons almal kom tot die eenheid van die geloof en van die kennis van die Seun van God, tot ’n volwasse man, tot die mate van die volle grootte van Christus; sodat ons nie meer kinders sou wees nie wat soos golwe geslinger en heen en weer gedryf word deur elke wind van lering, deur die bedrieëry van die mense, deur sluheid om listiglik tot dwaling te bring;
maar, terwyl ons in liefde die waarheid betrag, in alles sou opgroei in Hom wat die Hoof is, naamlik Christus, uit wie die hele liggaam — goed saamgevoeg en saamverbind deur die ondersteuning wat elke lid gee volgens die werking van elke afsonderlike deel in sy mate — die groei van die liggaam bevorder vir sy eie opbouing in liefde(Ef 4:13-16).
Die hart van die Vader:
Daar is ʼnduidelike biologiese, maar ook psigologiese onderskeid en verskil tussen man-wees en vrou-wees, en tussen vaderskap en moederskap. Die wêreld wil hierdie onderskeid vernietig. Maar God is die Skepper en Ontwerper. Hy weet wat Hy in ons geskep het. ʼnMa kan nie die rol van die pa heeltemal oorneem nie, en die pa ook nie diévan die ma nie. Die twee rolle komplementeer mekaar omdat die volheid van Christus nie in een rol vervul kan word nie. Die rol van die res van die familie is net so wesenlik belangrik.
Rol van die ma:
Maar ons was vriendelik onder julle soos ’n pleegmoeder haar kinders koester(1 Tess 2:7).
Rol van die pa:
. . . hoe ons, soos julle weet, net soos ’n vader sy kinders, elkeen van julle vermaan en bemoedig het(1 Tess 2:11-12).
Die voorbeelde waar Jesus verskillende vrouens “dogter” noem, is spesiaal en wys die hart van die Vader (Mark 5:34); dogtertjie (Luk 9:22).
Die vader is nie soos ons aardse vaders nie:
Vader God kan nooit vergelyk word met ons aardse vaders nie –Hy is ver beter, wyser, sterker en meer liefdevol.
As julle wat sleg is, dan weet om vir julle kinders goeie dinge te gee, hoeveel te meer sal julle Vader wat in die hemel is, goeie gawes gee aan dié wat dit van Hom vra? (Matt 7:11).
Ons vaders het ons wel ʼnkort tydjie na hulle goeddunke getug, maar Hy tug ons tot ons beswil sodat ons in sy heiligheid mag deel(Heb 12:10).
Afrigter tot volwassenheid:
Die rol van die Vader is tweeledig: bemagtiging, afrigting tot volwassenheid en beskerming. Daarom, toe Jesus sy volgelinge kies en hulle begin leer en afrig, sien ons die volgende afrigtingsformule herhaaldelik in Jesus se bediening.
- Wys hoe.
- Gaan doen jy dit.
Hierdie resep word mooi geïllustreer in Markus 6:35-44 waar Jesus vir hulle vra om die skare kos te gee. Maar Hy sê vir hulle: “Gee julle vir hulle iets om te eet.”Toe wys Hy hulle wat om te doen en Hy leer hulle die dieper waarheid (Joh 6:1-15).
Rites tot volwassenheid:
Die Joodse tradisie van Barmitswa is die gebruik dat kinders afgesonder word wanneer hulle die ouderdom van 13 bereik. Daar word dan vir hulle gebid, hulle kry sekere familie-erfskatte, en van dan af word hulle aanspreeklik gehou vir hulle dade. Die plaaslike gemeente behoort hierdie tipe beskerming vir hulle lidmate te bied sodat kinders deur die uitgebreide familie aangeneem word, en elke kind almal se kind word.
Die Vader kies nooit kant nie:
Jesus se onpartydigheid is baie duidelik. Hy behandel vrouens met dieselfde respek en gelykheid as die mans. Die Samaritaanse vrou by die put (Joh 4); die vrou wat aan bloed-vloeiing gely het (Matt 9:18-22, 32-33); die Griekse vrou wat van Siro-Fenisië afkomstig was (Mark 7:24-30). Die plek en rol van die vrou word herstel: Maria salf sy voete (Joh 12:1-8); ʼnvrou salf Jesus se voete (Matt 26:6-13; Mark 14:3).
Geen onderskeid tussen die werkgewer en werknemer nie: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, ’n dienskneg is nie groter as sy heer nie, en ’n gesant is ook nie groter as die een wat hom gestuur het nie. As julle hierdie dinge weet, salig is julle as julle dit doen(Joh 13:16).
Selfs toe partyskappe voor Hom gebring word, maak Hy die veld oop: Die wat nie teen ons is nie is vir ons (Mark 9:38-40).
Iemand uit die menigte sê toe vir Jesus: “Meneer, sê vir my broer hy moet die erfenis met my deel.” Maar Hy antwoord hom: “Man, wie het My as regter of deler vir julle aangestel?”(Luk 12:13-14).
Die Vader GEE:
As julle wat sleg is, dan weet om vir julle kinders goeie dinge te gee – die Vader in die hemel nog baie meer! Hy sal die Heilige Gees gee vir dié wat vra(Luk 11:13).
Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het. . . (Joh 3:16).
Die Vader se liefde is ondeurgrondelik:
Die eerste realisering van die hart van die Vader is Sy deurdringende, ondeurgrondelike liefde: Want die Here is goed, aan sy liefde is daar geen einde nie, sy trou duur van geslag tot geslag(Ps 100:5).
God het almal lief. God het nie vyande nie, want Hy het dié wat rebelleer ook lief. Daar is niks mooier as wanneer iemand wat vasgevang is in die donkerste, afskuwelikste sonde, God se liefde ontmoet nie! Die verlore seun se storie is ʼngoeie voorbeeld van die Vader se liefde wat ewig vas staan en wag dat ons terugdraai na Hom toe!
Maar totdat ons terugdraai na Hom toe kan Sy liefde nie in ons volbring word nie. Ons wegdraai en aanhoudende wegstap het ongelukkig bittere gevolge omdat ons wegdraai en wegstap van die beskerming en ryke vervulling in Sy liefde.
God se liefde is ewig, maar wel voorwaardelik:
Hy het Sy Seun gegee; die wat in Hom glo, sal nie verlore gaan nie maar sal die ewige lewe hê.
Soos ʼnvader hom ontferm oor sy kinders, so ontferm die Here Hom oor dié wat Hom dien(Ps 103:13).
Liefde om te red, te genees en te bevry sodat ons Sy skeppingsdoel kan bereik (Rom 8:29). ʼnPa se hart juig wanneer hy sien sy kinders ontwikkel tot hulle volle potensiaal.
Ons wil so graag hoor en weet dat God ons liefhet, maar gaan voort om roekeloos ons eie hart te volg. Knowing that the goodness of God leads you to repentance(Rom 2:4).
thank you